The Gabba-krieketveld

Brisbane-krieketveld
'n Kriekettoets tussen Australië en Suid-Afrika op die Gabba in November 2012

Bynaam The Gabba
Volle naam The Gabba krieketveld
Ligging Woolloongabba, Queensland, Australië
Koördinate 27°29′9″S 153°2′17″O / 27.48583°S 153.03806°O / -27.48583; 153.03806
Eienaar Queenslandregering
Kapasiteit 42 000
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1895
Huurders
Australiese nasionale krieketspan, Queensland krieketspan, Brisbane Lions, Brisbane Heat

Die Brisbane-krieketveld, algemeen bekend as The Gabba,[1][2] is 'n groot sportstadion in Brisbane, die hoofstad van Queensland, Australië. Die bynaam Gabba is afgelei van die voorstad Woolloongabba, waarin dit geleë is.

Die perseel vir die krieketveld is in 1895 uitgesit, en die eerste wedstryd is op 10 Desember 1896 gespeel, tussen Parliament en The Press.[3]

Oor die jare heen het die Gabba atletiek, Australiese voetbal, bofbal, konserte, krieket, fietsry, rugby league, rugby, sokker en perde- en windhondresies aangebied. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2022 ingespan. Die Brisbane-krieketveld sal ook tydens die Olimpiese Somerspele 2032 ingespan word.

  1. (en) Gabba (Brisbane Cricket Ground) – Austadiums. URL besoek op 21 Maart 2018.
  2. (en) "Brisbane Cricket Ground". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 20 Februarie 2019.
  3. (en) "The Home of CricketArchive". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2017. Besoek op 21 Maart 2018.

Developed by StudentB